UBU International span saam met Hoër Jongenskool Paarl in hul Back-a-Boishaaier-veldtog!

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

KAAPSTAD, SUID-AFRIKA

UBU International is trots om saam met die Hoër Jongenskool Paarl te werk om die Paarl Boys’ High Wallet te gebruik in hul ondersteuning van die Back-a-Boishaaier-veldtog.

WAT IS BACK-A-BOISHAAIER?

Die Back-a-Boishaaier-fonds is in 2019 gestig om deur middel van ʼn voedingskema etes aan minderbevoorregte leerders te verskaf. Die fonds word nou ook aangewend om mobiele data aan leerders in nood te verskaf, wat daartoe gelei het dat hierdie leerders heeltyd tydens die Covid-19-pandemie toegang tot aanlyn leermateriaal en klasse kon hê. Tydens die landwye grendeltyd het dit ook duidelik geword dat dit baie van die kinders se gesinne aan kos en basiese benodigdhede ontbreek. Die fonds het dus sy reikwydte uitgebrei om by hierdie dikwels vergete en minderbevoorregte gesinne uit te kom.

Mari Nel, die skool se sekretaresse en lid van die skool se bemarkingspan, behandel die kinders asof hulle haar eie is. “Hierdie leerlinge is net soos ons eie kinders,” sê Mari. Sy word ondersteun deur die skoolhoof, Derek Swart, wat uiters dankbaar is vir die verskil wat die fonds maak om van die wêreld ʼn beter plek te maak.

Die hoofbestuurder van UBU International, Tony Mallam, is verheug om betrokke te kan wees. “Onderwys is ʼn belangrike deel van die legkaart en dit is van onskatbare waarde om kinders met basiese benodigdhede te help. Die span hier by UBU is baie opgewonde om die geleentheid te kry om te help.”

HOE KAN U HELP?

UBU het dit vir almal maklik gemaak om die Back-a-Boishaaier-fonds (en in die proses ook terselfdertyd die skool en plaaslike ondernemings) te ondersteun. Gaan só te werk:

  1. Laai die Paarl Boys’ High Wallet-app af en koop by enige van die winkels wat in die app gelys word. ʼn Persentasie van u besteding gaan terug na die skool waar dit vir die fonds gebruik word en waardeur u terselfdertyd plaaslike ondernemings ondersteun.
  2. As u ʼn verdere belangrike bydrae wil lewer, kan u ook direk vanuit die app ʼn skenking aan die Back-a-Boishaaier-fonds maak.
  3. As u nog nooit die app gebruik het nie, sal UBU International R10 by die fonds voeg met u eerste drie aankope of donasies.

U kan die gratis Paarl Boys’ High Wallet-app vir beide Android- en Apple-toestelle aflaai vanaf https://joinubu.com/Bois.  https://joinubu.com/Bois

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Latest Articles

Newsletter Signup

You may also be interested in reading…

UBU for business

Get extensive exposure, acquire new customers, boost sales, and reward loyal customers with instant cashback.

UBU for you

Take up exclusive deals and discounts, and get instant UBU CashBack every time you shop at any of our stores.
Scroll to Top